QD5A0650.JPG
As studente wil ons ‘n gemeenskap wees wat in liefde God saam leer ken en God bekend maak in Pretoria. Ons hoop is dat studente 'n veilige omgewing het om te groei, vrae te vra en om vriendskappe te ontwikkel.

Studente van oral oor kom en skop die aand af met ‘n koffie en goeie geselskap. Daarna sal ons tyd spandeer in die Woord (of ander Woordgebaseerde materiaal), in groepe verdeel en bespreek wat ons gelees het. Hierna kuier ons tot die bed ons nader roep.

Ons ontmoet elke Woensdagaand 18:30 by JulieBean in Lynnwoodweg

Kontak Ruben de Koning, Ruben@ligpunt.com, vir meer inligting