top of page
QD5A0612 copy.jpg

WAT ONS GLO

QD5A0676 copy.jpg

Ligpunt as kerk vereenselwig homself met die Apostoliese geloofsbelydenis en die Evangelie soos dit herontdek is tydens die Reformasie. Ons begeerte is egter om hierdie tydlose waarhede te kommunikeer op ’n manier wat lewens-veranderende sin maak vir die gemiddelde Pretorianer vandag – hetsy jy gekerk is of nie.

​

Vir meer oor presies wat ons glo, maak gerus kontak met een van ons personeel info@ligpunt.com

WIE ONS IS

QD5A0625_edited.jpg

As Christene word ons identiteit gevorm, nie deur ons kultuur of begeertes nie, maar deur God en wat Hy sê waar is van ons. Ons is dus:

​

Vrygekoop – Deur die bloed van Jesus, om werklik te lewe;
Familie – Van God en mekaar;
Dienaars – Van Pretoria en al sy mense;
Sendelinge – Wat ander uitnooi om God ook te leer ken en geniet.

QD5A0612 copy.jpg
QD5A0689.JPG

Ons identiteit kan net uitgeleef word met ’n gesonde balans van waarheid en liefde. Dis moontlik om aan God se waarheid vas te hou op ’n liefdelose manier.  Dis egter ook moontlik om in die naam van liefde

te maak asof daar geen absolute 

waarheid bestaan nie.

 

God roep ons om in die lig van Sy waarheid te lewe op ’n manier wat liefdevol is teenoor alle mense, hetsy hulle glo soos ons of nie. Dit beteken ons luister na God se Woord, die Bybel, en rig ons lewens daarvolgens in. Dit beteken ons deel ons lewens met mekaar, met die oortuiging 

dat God daardeur in en deur ons

aan die werk is.

HOE ONS LEWE

QD5A0612 copy.jpg

Alhoewel Ligpunt nie deel is van ’n denominasie nie, heg ons baie waarde aan ons verhoudings met ander kerke, netwerke en organisasies.

Transmission 2.png

ONS NETWERKE

bottom of page