top of page
QD5A8964.JPG
By Ligpunt is ons oortuig dat Jesus lief is vir kinders, en dat kinders, net soos volwassenes, ook die Evangelie nodig het. Ons het drie bedieninge vir ons kinders:
  1. Ligpuntjies is ons Sondag-bediening vir alle kinders tussen 2 jaar en graad 5

  2. Kadette is ons bediening vir die Graad 6-7 groep

  3. Ligmag is ons bediening vir die Graad 8-12 groep

Verwag 'n konteks waar ons vir ons kinders en tieners die Evangelie uit God se Woord leer, met die hoop dat hulle verstaan van die Evangelie sal groei, en dat dit hulle lewens sal deurdring. Verwag 'n intensionele gemeenskap en hope pret waar ons kinders en tieners lewe saam doen, en die lewe saam geniet.

Ligpuntjies vind Sondae tydens die samekoms plaas.

Kadette en Ligmag vind Vrydagaande by die Stadtmission Kantore plaas, tussen 18:00 - 21:00.

Kontak Leone, Leone@ligpunt.com, vir meer inligting

bottom of page