top of page
IMG_0731.JPG
Ligpunt-gesinne is ons klein-groepe en die hartklop van Ligpunt. Vir ons is Kerk nie iets wat ons bywoon nie, maar eerder 'n gemeenskap waarvan ons deel is. Dit is 'n gemeenskap wat alles in gemeen het deur deel te hê in die Verlossing wat Jesus gee.

Verwag 'n gesinsgroepleier met die begeerte om jou te dien, maar wat self ook Jesus nodig het in sy eie tekortkominge en sonde. Verwag 'n groep met verskeie persoonlikhede, sondeworstelinge, en uitdagings, wat saam kom om te groei in hulle verhoudings met ander, hulle verstaan van die Evangelie en die gevolge daarvan vir hulle lewens. Verwag om lekker saam te kuier, Bybelstudie te hou en te bid, waar almal insette kan lewer en deelneem aan die gesprekke.

Weekliks by Ligpunters se huise

Kontak Natasha, info@ligpunt.com, vir meer inligting

bottom of page