top of page

Leeg is
          die graf

Woorde en Musiek: Johan Verster

Verwerking: Nathalie Meyer & Lucas de Wit

Vervaardiger: Lucas de Wit

Skrifverwysing:
Mat 26:36-46; Mark 14:32-42; 
Luk 22:39-46; Rom 8:31-39; 2Kor 4:13-17; 
1Pet 4:12-19; Op 22:1-5

Leeg is die graf – die Heer het opgestaan

Jona se teken kan ons nou verstaan

Drie dae was Hy in die aarde opgesluit

Toe breek Hy los in al Sy heerlikheid

​

Leeg is die graf – die Heer het opgestaan

Nou is Sy volk se vyande verslaan

Hy het die dood se angel uitgetrek

En so die Duiwel van sy mag beperk

​

Jesus Christus is die Here

Hy’t die dood oorwin met lewe

Hy’t vir ons die weg gebaan

Die Heer het vir ons opgestaan!

bottom of page